# Rugby: Siphosethu Mnebelele sal die Junior Springbokke by die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië aanvoer nadat slot Riley Norton in die senior Bok-groep vir die Nasieskampioenskap ingesluit is. Norton word vervang deur veelsydige voorspeler Thomas Beling, terwyl vleuel Cheslin Jooste in die plek van Vusi Moyo gekies is, wat ook vir senior diens opgeroep is. Akahluwa Boqwana vervang vleuel Zekhetelo Siyaya, wat tydens Saterdag se wedstryd tussen Suid-Afrika A en Zimbabwe beseer is. Die afrigter van die Junior Bokke, Kevin Foote, sê Norton en Moyo verdien beslis hul geleenthede.
Rugby: Mnebelele nuwe Junior Bok-kaptein nadat Norton na Springbokgroep skuif