# Rugby: Die bestuurder van Mbombela Stadium, Roelf Kotze het in gesprek met SABC Sport aangedui dat meer as 35-duisend kaartjies reeds verkoop is vir die Springbokke se groot wedstryd teen Georgië. Kotze het rugbyliefhebbers aangemoedig om vroeg by die veld te kom en die hele ondervinding, insluitende die biertent en die spanopwarmings te geniet. Die stadion sal in groen en goud versier wees, met parkeer-en-ry-geriewe vir toeskouers. Die polisie in Mpumalanga sê hulle verwag geen voorvalle nie, maar hulle is gereed. Die wedstryd begin vanmiddag om 10 oor 5.
Rugby: Mbombela Stadion word vandag groen en goud, met groot skare Bok-ondersteuners verwag