Skip to content

Rugby: Masuku-skop verseker Haaie-oorwinning in Maritzburg-riller

# Rugby: ‘n Strafskop van 42-meter ses-minute nadat speeltyd verstreke was het die Haaie in staat gestel om die Boland Kavaliers gisteraand met 33-31 te klop in ‘n opwindende Curriebeker-wedstryd in Pietermaritzburg. Die Haaie het deurgaans voorgeloop, maar die Bolanders het teruggeveg en die voortou geneem met net meer as drie minute oor. Toe volg Siya Masuku ae strafskop en die Haaie wen. Boland het twee bonuspunte behaal, wat hulle ná die naweek in die tweede plek op die puntelys laat, twee agter die voorlopers Griekwas, met die Haaie tweede laaste op die puntelys.