Skip to content

Rugby: Marco van Staden vervang beseerde Hanekom in Bulle se opdrafspan vir VRK-eindstryd

# Rugby: Die hoofafrigter van die Bulle, Jake White, het een gedwonge verandering aan sy opdrafspan aangebring vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd teen Leinster in Dublin. Cameron Hanekom is beseer tydens die halfeindstryd-oorwinning oor die Haaie en word vervang deur Marco van Staden. Nizaam Carr is op die bank en Marcell Coetzee skuif na agsteman. Die Bulle het al twee keer in die eindstryd gespeel maar nog nooit die titel gewen nie. Hulle sal as algehele buiteperd op die veld draf.