# Rugby: Die vleuel Makazole Mapimpi sal die Springbokke se jaareind-toer misloop weens sy skorsing van vyf wedstryde vir vuilspel tydens die Haaie se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ulster in Durban. Hy was op afrigter Rassie Erasmus se bystandlys vir die toer van vyf toetse in die noordelike halfrond, wat volgende Saterdag in Londen teen Japan begin. Die tugkomitee het Mapimpi oorspronklik vir ses weke geskors, maar dit is verminder nadat hy skuldig gepleit het aan ‘n boorvat en sy straf aanvaar het. Dit was sy tweede rooikaart vanjaar.
Rugby: Mapimpi se skorsing van vyf wedstryde beteken hy gaan die Springbokke se November-toer misloop