# Rugby: Die Argentynse losskakel Tomás Albornoz sal môre se eenmalige toets teen die Springbokke in Buenos Aires misloop nadat hy vir vier wedstryde geskors is. Hy het verlede maand die Australiese skeidsregter Angus Gardner gekonfronteer tydens die ontstuimige Nasieskampioenskaps-tuiswedstryd teen Engeland. Een van sy afrigters en ‘n spanmaat moes Albornoz terughou nadat Gardner laat in die wedstryd nie ‘n drie toegeken het wat ‘n gelykopuitslag vir Argentinië kon verseker nie. Albornoz sal ook Los Pumas se twee toetse teen Australië misloop.
Rugby: Losskakel Albornoz loop Springbok-wedstryd mis na uitval met skeidsregter