Skip to content

Rugby: Loftus se losiehouers woedend vir SARU oor bykomende betaling vir toetse

# Rugby: Losie-eienaars op Loftus Versfeld in Pretoria is woedend vir SA Rugby omdat hulle gedwing word om meer te betaal vir die gebruik van losies tydens toetse. Hulle sê hulle betaal reeds duisende gedurende die seisoen, en SARU vra nog 100-duisend-rand per toets. SARU dwing blykbaar ook sy eie spysenieringsdienste op hulle af. Ongelukkigheid oor hoë kaartjiepryse het reeds daartoe gelei dat tien-duisend sitplekke leeg was tydens verlede naweek se toets tussen die Springbokke en Engeland op Ellispark. Die Bokke spel hierdie naweek op Loftus teen Skotland.