# Rugby: Die Springbok-losskakel Manie Libbok is aan die voorpunt van die uittog van nege Stormers-spelers na afloop van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 27-jarige wedstrydwenner word gekoppel aan ‘n skuif na Hanazono Liners in Osaka, Japan, na die vertrek van die Wallabie-losskakel Quade Cooper. Die ander spelers wat die Kaapstadse span verlaat, is Brok Harris en Dave Ewers, wat uitgetree het, Herschel Jantjies, Paul de Wet, Clayton Blommetjies, Joseph Dweba, Ben Loader en Angelo Davids.
Rugby: Libbok lei uittog van nege Stormers na afloop van VRK