Skip to content

Rugby: Libbok keer terug vir Stormers na vier maande op krukkelys

# Rugby: Springbok-losskakel, Manie Libbok sal die eerste keer in vier maande vir die Stormers speel in Saterdag se voorlaaste Verenigde Rugbykampioenskaps-ligawedstryd teen die Dragons in Kaapstad. Hy het in Januarie sy knie seergemaak. Die wedstryd sal die Bok Damian Willemse se 100ste vir die Stormers wees, terwyl afrigter John Dobson ook die luukse het van die fikse toetsspelers Sacha Feinberg-Mngomezulu en Warrick Gelant. Die Stormers is sesde op die punteleer en die Dragons 16de.