# Rugby: Leinster is ondanks ‘n verstommende terugvegpoging deur Toulon deur na die Kampioenebeker-eindstryd, na ‘n opwindende oorwinning van 29-25 gister by Lansdowne Road. Met die telling op 29-11 en 10 minute oor, het die Dublin-span gedink die wedstryd is verby. Maar met net vier minute oor het Toulon die agterstand tot slegs vier punte verminder nadat Melvyn Jaminet ‘n drie deur Gael Drean verdoel het. Leinster speel op 23 Mei in Bilbao in die noorde van Spanje teen die wenners van vanmiddag se tweede halfeindstryd tussen die heersende Europese kampioene Bordeaux-Begles en Bath.
Rugby: Leinster klop Toulon, deur na Kampioenebeker-eindstryd