Skip to content

Rugby: Leeus waarsku Australië om nie Super Rugbyspanne te verswak voor toetse teen Wallabies nie

# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Australië gewaarsku teen kontrakbreuk deur nie internasionale sterre beskikbaar te stel vir al die toerwedstryde teen Super Rugbyspanne nie. Die toer bestaan uit drie toetse teen die Wallabies en ses ander kragmetings. Die Wallabies se hoofafrigter, Joe Schmidt, wil glo nie sommige van sy beste spelers toelaat om vir hulle streekspanne te speel nie uit vrees vir beserings voor die toetse. Die Leeus se uitvoerende hoof, Ben Calveley, sê hulle wil teen die sterkste moontlike teenstanders speel om behoorlik voor te berei vir die Wallabies.