# Rugby: Die Leeus verwelkom drie sleutel-spelers terug voor Sondag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Zebre in Italië. Die gereelde kaptein, Francke Horn, die uitstekende doelskopper Chris Smith en die senter Eduard Keyter is na beserings terug in die Johannesburgse span wat verlede week in die openingsronde teen Cardiff verloor het. Zebre het die Skotse span Edinburgh in die eerste ronde geklop en die Leeus se verdedigings-afrigter, Jaque Fourie, besef die Italianers gaan Sondag ‘n groot uitdaging op hulle tuisveld wees.
Rugby: Leeus verwelkom drie sleutel-spelers terug vir wedstryd teen Zebre in Italië