Skip to content

Rugby: Leeus versterk Curriebekerspan met VRK-spelers

# Rugby: Die Leeus het dit duidelik gemaak hulle gaan alles uithaal om die Curriebeker te wen deur verskeie van hulle Verenigde Rugbykampioenskap-spelers te kies. Die unie se hoofafrigter, Ivan Rooyen, het ook oorgeneem by Mziwakhe Nkosi. Onder die VRK-spelers wat gekies is vir vanmiddag se wedstryd teen die Bulle in Johannesburg is die Springbokke Quan Horn en Ruan Venter, Richard Kriel, en die nuwelinge Chris Smith en Eduan Keyter. Die speler van die toernooi in die onlangse Junior Wêreldkampioenskap, Haashim Pead, kan sy buiging van die bank af maak.