Skip to content

Rugby: Leeus verloor teen Glasgow Warriors terwyl Leinster koning kraai oor Connacht

# Rugby: Die Glasgow Warriors is boaan die Verenigde Rugbykampioenskap se punteleer nadat hulle hul onoorwonne veldtog voortgesit het met ʼn bonuspunt-oorwinning van 29-20 oor die Leeus in Skotland. Die gashere, wat elf spelers weens verpligtinge teenoor Skotland moes afstaan, het teen rustyd met 19-3 voorgeloop. Dis die Leeus se derde agtereenvolgende weg-nederlaag in die toernooi. Die verdedigende kampioene, Leinster, het hulle Ierse teenstanders, Connacht, met 50-5 in Galway, Ierland, verpletter. Die VRK neem in November ʼn blaaskans om die Nasies-kampioenskap ʼn beurt te gee.