# Rugby: Die Leeus het die verdedigende Curriebeker-kampioene, die Haaie, gister in hul openingswedstryd op Ellispark met 46-5 geklop. Die vleuel Rabz Maxwane het twee drieë gedruk met die Leeus wat sewe keer agter die pale gedraai het. Die Haaie het hul enigste drie in die tweede helfte gedruk. En in Kaapstad het die Westelike Provinsie in die eerste helfte gesteier onder ‘n verwoede aanslag van die Bulle en verskeie geelkaarte het hulle verder op die agtervoet geplaas. Die WP het met 48-23 die knie gebuig voor die blou golf van die noorde.