# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus is steeds onoorwonne op hul Australiese toer nadat hulle die Brumbies 36-24 geklop het in Canberra. Die besoekers het ‘n rustydvoorsprong van 19-10 gehad en uiteindelik die gashere met vyf drieë teenoor vier geklop. Die Brumbies was die enigste span wat die Leeus kon klop op hulle vorige toer in 2013. Die Leeus speel hierdie naweek in Adelaide teen ‘n gesamentlike Australies-Nieu-Seelandse span en die eerste toets teen die Wallabies vind volgende Saterdag in Brisbane plaas.
Rugby: Leeus steeds onoorwonne in Australië na oorwinning oor Brumbies