Skip to content

Rugby: Leeus skop hulle VRK veldtog af met ‘n moeilike toets teen Cardiff in Wallis

# Rugby: Die afrigter van die Leeus, Ivan van Rooyen, sê hulle openingswedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap vanaand in Wallis is ‘n strawwe toets vir sy span. Hulle spel om 8.45nm teen Cardiff op Cardiff Arms Park. Lubabalo Dobela het die taak om die agterlyn te beheer in die afwesigheid van Chris Smith wat ‘n kopbesering opgedoen het. Die Zimbawiese internasionale-speler Tapiwa Mafura kry sy kans op die regtervleuel terwyl vleuel Angelo Davids sy eerste internasionale verskyning maak vir sy nuwe klub. Die Springbok Quan Horn lei die span vanaf die heelagterposisie.