# Rugby: Die hoofafrigter van die Britse en Ierse Leeus, Andy Farrell, sê hulle wil skoonskip maak in die toetsreeks teen die Wallabies nadat hulle reeds hulle eerste reeksoorwinning sedert 2013 beklink het. Hy sê hulle plan sal nie verander nie al het hulle reeds ‘n onaanvegbare voorsprong danksy Saterdag se oorwinning in die tweede toets in Melbourne. Farrell glo sy spelers het reeds genoeg gedoen om as Leeus-legendes bestempel te word. Hulle het tot dusver al agt hulle wedstyde gewen. Die laaste toets word Saterdag in Sydney gespeel.
Rugby: Leeus se afrigter sê hulle wil skoonskip maak in die toetsreeks teen die Wallabies