# Rugby: Die Leeus het hul tweede agtereenvolgende nederlaag in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap gely, na hulle met 22-20 teen Zebre Parma in die tweede ronde in Italië verloor het. Dit het gelyk of Morne Brandon die wenpunte in die 74ste minuut vir die Leeus aangeteken het. Maar ‘n drie in die doodsnikke van Matteo Nocera, verdoel deur Martin Roger Farias, het aan Italiaanse span ‘n tweede agtereenvolgende oorwinning in die kompetisie besorg. Die onoorwonne Bulle is boaan die VRK-punteleer met tien punte, gevolg deur die Stormers tweede en Munster in die derde plek.
Rugby: Leeus ly tweede agtereenvolgende nederlaag in VRK