Skip to content

Rugby: Leeus kies twee Junior Bokke vir Curriebekerwedstryd teen Pumas

# Rugby: Twee van die Leeus se agt Junior Springbokke speel môre in die Curriebeker-wedstryd teen die Pumas in Johannesburg terwyl die ander ‘n blaaskans kry nadat hulle die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië ingepalm het. Mahle Sithole en Thando Biyelo is albei in die beginspan, onderskeidelik as haker en flank. Asad Moos begin op die bank in sy eerste wedstryd vir die gashere nadat hy van die Stormers verskuif het. Die Leeus het verlede naweek se eerste ronde-wedstryd teen die Cheetahs verloor, en die Pumas het teen die Haaie vasgeval.