# Rugby: Die Leeus het die Bulle se hoop in die Curriebeker aan skerwe laat spat en is in die top vier van die kompetisie ná ‘n vernederende oorwinning van 44-5. Die Leeus was teen rustyd gemaklik voor met 20-5, met die Bulle se enigste punte van die wedstryd ‘n drie deur Jaco van der Walt. Die Leeus het in die tweede helfte nog 24 punte by hul eindtelling gevoeg met drieë deur kaptein PJ Botha, Richard Kriel, Sam Francis en Hassiem Pead en is nou derde op die punteleer.
Rugby: Leeus beëindig Bulle-veldtog in eensydige nederlaag