Skip to content

Rugby: Lang wag vir behoorlike All Black-toer is verby

# Rugby: Die wag vir ‘n behoorlike All Black-toer is na drie dekades verby. Die span word vanmiddag amptelik verwelkom op die Kaapstad-stadion, waar die toer volgende Vrydag teen die Stormers afskop. Nieu-Seeland speel ook teen die Haaie, die Bulle en die Leeus, drie toetse teen die Springbokke en ‘n vierde in Baltimore, Amerika. Die laaste keer dat die All Blacks ‘n week-wedstryd in Suid-Afrika verloor het, was teen Vrystaat in 1976.