Skip to content

Rugby: Laat verandering vir Blitsbokke sluit Ronald Brown uit weens besering

# Rugby: Die Springbok-sewesspeler, Ronald Brown is weens ‘n besering uitgesluit van die Sewes Wêreldkampioenskap-toernooie in Spanje en Frankryk. Ricardo Duartee, wat ‘n lid van die seëvierende spanne in Kaapstad en Perth was, is opgeroep vir die groep wat gister na Europa vertrek het. Die Blitsbok-afrigter Philip Snyman het reeds Gino Cupido en Dewald Human teruggeroep. Suid-Afrika het verlede maand die eerste van drie byeenkomste in Hongkong gewen en is boaan die punteleer wat vroeg volgende maand die algehele wenner sal bepaal.