# Rugby: Die Ierse reuse Leinster en Ulster se kwalifisering vir die eindstryd van die Kampioenebeker kan as positief beskou word vir die Stormers en die Leeus se kanse om die Verenigde Rugbykampioenskap se uitspeelwedstryde te haal. Leinster is tans vierde op die VRK-punteleer en Munster vyfde, en albei spanne moet nou vir twee kompetisies voorberei. Die Leeus speel Saterdag teen Leinster en volgende naweek teen Munster, terwyl die Stormers hierdie Vrydag teen Munster speel, ook in Ierland. Die Stormers is tans bo-aan die punteleer en die Leeus derde.
Rugby: Kwalifisering van Ierse reuse vir Kampioenebeker-eindstryd mag goed wees vir Leeus, Stormers