Skip to content

Rugby: Kwagga verwag Saterdag ‘n vinnige wedstryd op Wembley se hibriede veld

# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith verwag ‘n vinnige wedstryd op ‘n hibriede oppervlak wanneer hulle Saterdag teen Japan speel op die Wembley-sokkerstadion in Londen. Baie Bok-spelers het ondervinding van hibriede oppervlakke in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Engelse Premierliga en weet wat om te verwag. Smith sê hy en ander Bokke wat in Japan gebaseer is, het reeds ‘n week gelede in Londen aangekom en kon aanpas by plaaslike toestande. Hy beskryf Wembley as ‘n wonderlike stadion wat ‘n goeie wedstryd behoort op te lewer.