Skip to content

Rugby: Kwagga glo Ackermann is die regte man vir die Bulle

# Rugby: Die Springbok-flank Kwagga Smith glo die Bulle se nuwe hoofafrigter, Johan Ackermann, is die regte man vir die taak. Die gewese Leeus-breier is Woensdag aangewys as Jake White se opvolger. White is vroeër die maand weg na gerugte van ‘n paleis-revolusie onder spelers en hulpafrigters. Smith, wat deur Ackerman by die Leeus afgerig is, sê hy is ‘n briljante breier met die vermoë om ‘n groep spelers saam te bind vir ‘n gesamentlike doelwit. Hy glo Ackermann sal ‘n baie geslaagde loopbaan in Pretoria hê.