Skip to content

Rugby: Kusspanne hoop om hierdie naweek die bordjies te verhang in die derde ronde van die Curriebeker

# Rugby: Westelike Provinsie en die Haaie, wat verlede week onderskeidelik teen die Bulle en die Leeus verloor het, hoop om die bordjies te verhang in die derde ronde van die Curriebeker-kompetisie. WP reis vanmiddag na Kimberley om teen Griekwas te speel en die Haaie verwelkom môre die Cheetahs in Durban. Die Bulle, wat albei hulle eerste wedstryde gewen het, speel môre in Pretoria teen die Pumas en die Boland Kavaliers moet ‘n selfversekerde Leeuspan Sondag in Wellington in die oë kyk.