Skip to content

Rugby: Kriel sê span se leiers moes voorbeeld stel op Ellispark

# Rugby: Die waarnemende Springbok-kaptein, Jesse Kriel, sê hulle leiers moes ‘n voorbeeld gestel het in verlede week se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Wallabies op Ellispark, wat Suid-Afrika 38-22 verloor het. Hy voer die Bokke aan in Saterdag se herontmoeting in Kaapstad in die plek van Siya Kolisi wat beseer is. Kriel is nie seker wat presies die probleem was nie, maar besef dit moet uitsorteer word. Afrigter Rassie Erasmus het tien veranderings aan die opdrafspan gemaak en ervare spelers soos Willie le Roux, Handré Pollard en Cheslin Kolbe teruggebring.