Skip to content

Rugby: Kriel is Bok-kaptein teen die All Blacks met Etzebeth terug in die beginspan

# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het Jesse Kriel aangewys as kaptein vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Nieu-Seeland, met Siya Kolisi op nommer 8. Eben Etzebeth keer terug na die beginspan vir sy 136ste toets, met Ruan Nortjé sy slotmaat. Pieter-Steph du Toit is terug op flank. Die enigste verandering in die agterlyn is die heelagter Willie le Roux wat in sy 101ste toets sal speel. Ethan Hooker sluit by die plaasvervangers Kwagga Smith en Cobus Reinach aan in ‘n vyf-drie verdeling op die bank.