Skip to content

Rugby: Kremer beskryf All Blacks as die sport se weergawe van Argentinië se wêreldkampioen-sokkerspan

# Rugby: Die Argentynse losvoorspeler Marcos Kremer dink die All Blacks is die sport se weergawe van sy land se Wêreldbekerkampioen-sokkerspan. Die twee lande speel die naweek in Cordoba in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap, en ‘n week later in Buenos Aires. Kremer verwag ‘n skitterwedstryd voor hulle tuisskare en glo dit sal in die laaste minute beslis word. Die All Blacks het drie van hulle laaste tien wedstryde teen die Pumas verloor, insluitend verlede jaar se Rugbykampioenskapstoets in Wellington.