# Rugby: Die kaptein van die Springbok-manspan, Siya Kolisi vra dat Suid-Afrikaners die nasionale vroue-span met oorgawe moet ondersteun gedurende die Wêreldbeker wat op die 22ste in Engeland begin. Hulle speel teen Brasilië, Italië en Frankryk in Groep D. Die Bok-vroue het in 2021 al hulle wedstryde in die toernooi verloor, maar Kolisi glo hulle kan hierdie jaar die kwarteindronde haal. Hy het die span geloof vir hulle verbetering die laaste paar maande. Die Bokke se assistentafrigter, Mzwandile Stick, sê omdat die vroue die voorwedstryde vir manswedstryde gespeel het, het hulle meer blootstelling geniet.
Rugby: Kolisi vra Suid-Afrika om Bok-vroue gedurende Wêreldbeker te ondersteun