# Rugby: Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe sê vorige oorwinnings oor die All Blacks sal niks tel wanneer hulle Saterdag in Auckland kragte meet nie. Hulle gaan probeer om die eerste Bok-span sedert 1937 te word wat op Edenpark wen en die gashere sal hul onoorwonne rekord op die veld sedert 1994 verdedig. Suid-Afrika het hulle laaste vier wedstryde gewen, maar Kolbe sê Saterdag se uitdaging gaan op ‘n ander vlak wees. Hy glo dis uiters belangrik vir die Bokke om op hulle wedstrydplan gefokus te bly.
Rugby: Kolbe sê vorige oorwinnings oor All Blacks gaan nie Saterdag tel nie