Skip to content

Rugby: Kleyn weens besering nie ingesluit by Springbok-groep nie

# Rugby: Die Springbok-slot Jean Kleyn is nie beskikbaar vir die eerste wedstryd van die tuisreeks nie nadat hy Saterdag beseer is in die span se sege van 54-7 oor die Barbarians. Hy keer terug na sy Ierse klub, Munster, om van die besering te herstel. Die Springbokke het weggespring met veldvoorbereiding vir Saterdag se eerste amptelike toets van die seisoen teen Italië op Loftus. Hulle speel ‘n week later weer teen Italië in Gqeberha voor die reeks se laaste wedstryd teen Georgië in Mbombela op 19 Julie.