# Rugby: Engeland se kaptein, Maro Itoje, is nie ingesluit in die groep vir ‘n oefenkamp ter voorbereiding vir volgende Vrydag se wedstryd teen ‘n Franse vyftiental nie. Dit is voor die eerste Nasieskampioenskap waarin Engeland teen Suid-Afrika, Fidji en Argentinië te staan kom. Afrigter Steve Borthwick het verlede week onthul dat gesprekke gevoer is om Itoje te laat rus na sy intensiewe deelname op klubvlak, vir sy land en die Britse en Ierse Leeus die afgelope twee seisoene. Vier nuwelinge is in die oefengroep ingesluit.
Rugby: Kaptein Itoje nie in Engeland se oefengroep ingesluit nie