# Rugby: Die organiseerders van volgende naweek se wedstryd tussen die Springbokke en die Barbarians in Kaapstad het twee nuwe blokke kaartjies vrygestel om Suid-Afrika se Wêreldbekeroorwinning van 1995 te vier. Die oorwinning van 30 jaar gelede sal herdenk word met die verbyvlug van ‘n jumbo-straler wanneer die Bokke hulle seisoen afskop. Die kategorie-kaartjies teen 950-rand elk is nou beskikbaar vir die noordelike en suidelike pawiljoene. Die Bokke het die All Blacks 15-12 geklop in die eindstryd op Ellispark op 24 Junie 1995.
Rugby: Kaartjies van R950 nou beskikbaar vir Bokke se wedstryd teen Barbarians in Kaapstad