# Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, het verskeie veranderings aan sy opdrafspan gemaak vir vandag se tweede Rugbykampioenskaps-onder 20-wedstryd teen Australië op die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Suid-Afrika het Saterdag in die openingsronde teen Argentinië gewen, terwyl Australië met ‘n laat drie ‘n gelykop-telling teen Nieu-Seeland afgedwing het. Foote het JC Mars, Wandile Mlaba, Batho Hlekani en Herman Lubbe in die opdrafspan ingesluit. Alvier het verlede jaar ook vir die Bababokke gespeel. Die nuwe skakelpaar is Ceano Everson op skrumskakel en Vusi Moyo op losskakel.
Rugby: Junior Springbokke wissel span vir wedstryd teen Australië