Skip to content

Rugby: Junior Springbokke sien uit na fisieke uitdaging teen Argentinië

# Rugby: Die kaptein van die Junior Springbokke, Riley Norton, sê sy span sien uit na die fisieke uitdaging wanneer hulle môre teen Argentinië in die eerste ronde van die onder-20 Rugbykampioenskap in die Nelson Mandelabaai-stadion te staan kom. Die 2025 toernooi is die tweede weergawe nadat dit vir die eerste keer verlede jaar in Australië gespeel is. Nieu-Seeland en Australië speel moremiddag 2-uur in die eerste wedstryd op dieselfde veld.