# Rugby: Een van die sterre van die Junior Springbokke wat onlangs die Onder-20-wêreldkampioenskap gewen het, die losvoorspeler Batho Hlekani, gaan van volgende seisoen vir die Leeus speel. Hy sal van Durban na Johannesurg verhuis wanneer sy kontrak met die Haaie die einde van die jaar verstryk. Die 20-jarige en sy Junior Bok-spanmaats Cheswill Jooste en Haashim Pead het aangesluit by die oefenkamp van die senior Springbokke in Johannesburg voor die begin van die Rugby-kampioenskap.
Rugby: Junior Springbok-ster Hlekani gaan volgende jaar by die Leeus aansluit