# Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, het sy span heeltemal herskommel vir vanmiddag se SA Rugby Onder-20 Kampioenskapswedstryd teen Chili by Rondebosch Boys High in Kaapstad. Slegs agt spelers bly oor van die wedstrydgroep wat vroeër die maand teen Nieu-Seeland gespeel het in die laaste ronde van die Onder-20-Rugbykampioenspan in Gqeberha. Die flank Risimia Khosa sal die Baba-bokke aanvoer. Foote sê die rotasie is daarop gemik om spandiepte op die bou. Fidji en Georgië pak mekaar in vandag se vroeëre wedstryd.
Rugby: Junior Bokspan herskommel vir kragmeting met Chili in Kaapstad