# Rugby: Die Junior Springbokke se hoofafrigter, Kevin Foote, het deurlopendheid gekies vir môre se laaste wedstryd van die Onder-20-Rugbykampioenskap teen die tweemalige kampioen, Nieu-Seeland, op die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Die enigste verandering aan die span wat Australië verlede naweek geklop het is op die bank, waar die losvoorspeler Risima Khosa vir Gert Kemp vervang. Suid-Afrika, wat bo-aan die punteleer is met tien punte, het slegs een punt nodig om die titel die eerste keer in te palm. Afskop is twee-uur die middag.
Rugby: Junior Bokspan byna onveranderd vir laaste wedstryd van Onder-20-Kampioenskap teen Nieu-Seeland