Skip to content

Rugby: Junior Bokke verpletter Skotland en bespreek plek in Onder 20-kampioenskap se halfeindronde

# Rugby: Die Junior Springbokke het Skotland 73-14 afgeransel om hul plek te bespreek in die halfeindronde van die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Italië. Suid-Afrika het elf drieë gedruk met die vleuel Jaco Williams en die skrumskakel Ceano Everson wat elk twee keer gedruk het. Dis die Junior Bokke se derde agtereenvolgende bonuspunt-oorwinning in die groepsfase. Suid-Afrika het ook met Australië en die verdedigende kampioen, Engeland, afgereken om die halfeindronde te haal.