Skip to content

Rugby: Junior Bokke verniel Chili in eerste wedstryd in Internasionale Onder-20-reeks

# Rugby: Die Junior Springbokke het hul Internasionale Onder-20-reeks geopen met ‘n oortuigende oorwinning van 97-0 oor Chili by Rondebosch Boys’ High in Kaapstad. Suid-Afrika het 15 drieë gedruk, insluitend driekunste deur Lindsey Jansen en Risima Khosa, terwyl Vusi Moyo 22 punte met skoppe bygedra het. Afrigter Kevin Foote sê ondanks die ongebalanseerde telling het die wedstryd steeds waardevolle lesse gebied. In die ander kragmeting het Georgië Fidji 29-23 geklop. Die Junior Bokke speel Dinsdag teen Fidji by Wynberg Boys’ High, terwyl Chili teen Georgië sal uitdraf.