Skip to content

Rugby: Junior Bokke speel teen Skotland in derde ronde van Onder 20-kampioenskap

# Rugby: Die Junior Springbokke speel vanmiddag teen Skotland in die derde ronde van Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap in Italië. Die Bababokke het die jong Wallabies 73-17 verniel in die eerste ronde en dit opgevolg met ‘n oorwinning met 32-20 oor England. Vandag se ander kragmetings is tussen Wallis en Spanje; Engeland en Australië; die jong All Blacks en Ierland; Frankryk en Argentinië; en die gasheer, Italië en Georgië. Die uitspeelwedstryde begin Maandag.