Skip to content

Rugby: Junior Bokke seëvier in ‘n harde stryd teen Georgië

# Rugby: Die Junior Springbokke het hul reeks van twee wedstryde teen Georgië afgeskop met ‘n oorwinning van 38-29 in Tbilisi. Die Suid-Afrikaanse Onder-20’s het ses drieë gedruk waarvan vier verdoel is, terwyl Georgië met vyf drieë geantwoord het, waarvan slegs twee verdoel is. Die Junior Bokke se afrigter, Kevin Foote, is bemoedig oor wat hy in die wedstryd gesien het, maar sê daar kort steeds werk aan hul verdediging in losgemale. Die twee spanne speel Vrydag in die laaste wedstryd.