# Rugby: Kaapstad is in Mei gasheer vir ʼn nuwe internasionale Onder 20-reeks waaraan Suid-Afrika, Georgië, Fidji en Chili sal deelneem. Die reeks sluit drie dubbele wedstryd-dae by City Park in. Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê dit sal die laaste geleentheid wees om sy span af te rond vir die Junior Wêreldkampioenskap wat einde Junie in Georgië afskop. Hy sê spelers kry geleentheid om te speel, maar hy wil ook aan kombinasies werk terwyl hulle gereedmaak vir die wêreld-skouspel.
Rugby: Junior Bokke neem volgende maand aan nuwe internasionale Onder 20-reeks deel