Skip to content

Rugby: Junior Bokke kies onveranderde span vir Kampioenskap-eindstryd teen Nieu-Seeland

# Rugby: Die Junior-Springbokke het ‘n onveranderde wedstryd 23-tal aangewys vir Saterdagaand se Wêreldrugby Onder-20-kampioenskapeindstryd teen Nieu-Seeland in Rovigo, Italië. Slot, Riley Norton sal weer die span aanvoer wat in al die poelwedstryde en ook in Maandag se halfeindrondte-oorwinning teen Argentinië gespeel het. Die bank bestaan weer uit ses voor- en twee agterspelers. Dit is die eerste keer sedert 2014 wat die Junior Bokke in ‘n eindstryd speel, en ‘n herhaling van die 2012-eindstryd toe Suid-Afrika teen Nieu-Seeland gewen het. Die wedstryd begin Saterdagaand halfnege.