# Rugby: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, het ʼn herskommelde span aangewys vir hul laaste kragmeting in die Internasiobale Onder-20-reeks teen Georgië wat môre in Stellenbosch plaasvind. Kaptein Riley Norton is terug nadat hy die eerste wedstryd teen Chili misgeloop het weens sy betrokkenheid by die Springbok-belyningskamp. Vusi Moyo begin sy derde agtereenvolgende wedstryd op losskakel terwyl Luan Giliomee op heelagter uitdraf. Onder die losvoorspelers kry Oliver Reid, wat voorheen op die bank was, ʼn kans as een van die twee begin-stutte in die herskommelde voorry.
Rugby: Junior Bok-afrigter gaan voort met rotasiebeleid vir kragmeting teen Georgië