# Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, het weens rotasie en beserings talle veranderinge aangebring aan sy groep van 23 vir die tweede rondte van die Internasionale O-20-reeks teen Fidji wat vandag in Kaapstad plaasvind. Die losvoorspelers Risima Khosa en Vuyo Gwiji word vervang deur Quintin Potgieter en Luke Cannon. Jordan Steenkamp vervang Lindsey Jansen op linkervleuel en middelveldspeler Christian Vorster draf uit as buitesenter. Luan Giliomee keer terug as heelagter. Die Junior Bokke het Chili verlede week in die openingsrondte met 97-0 verpletter.
Rugby: Junior Bok-afrigter bring talle veranderinge aan vir kragmeting teen Fidji