# Rugby: Die Springbok-agsteman Jasper Wiese is vir vier weke geskors ná sy rooi kaart teen Frankryk verlede Vrydag in Parys. Die 31-jarige Wiese het aanvanklik ʼn geel kaart gekry na ʼn gevaarlike aksie op die Franse senter, Kalvin Gourgues, maar dis verander na ʼn rooi kaart van 20 minute. Wiese sal die res van die Nasieskampioenskap misloop, asook sy klub, Urayasu D-Rocks, se eerste twee wedstryde van die seisoen in Japan se Rugbyliga Een. Wiese kan die skorsing tot drie weke verminder as hy ʼn Wêreldrugby-afrigting-intervensieprogram voltooi.
Rugby: Jasper Wiese gaan res van Nasieskampioenskap misloop na skorsing van vier weke