# Rugby: Die skrumskakel Herschel Jantjies is gretig om sy beste te lewer met sy terugkeer na die Springbokke ná ‘n lang afwesigheid. Hy was deel van die span wat die Wêreldbeker in 2019 gewen het, maar het sedertdien grootliks van die toneel verdwyn weens beserings en strawwe mededinging, en het die afgelope drie jaar slegs een toetswedstryd gespeel. Die 30-jarige Jantjies en die ervare Handré Pollard is die skakelpaar in môre se toets teen die Wallabies in Perth. Hy sê hy is vuur en vlam en beskryf die mededinging tussen die skrumskakels as uitstekend.
Rugby: Jantjies gretig om sy beste te lewer met sy terugkeer na die Springbokke